Wednesday, April 06, 2011

(Gaap)

'n Geroeste blog knip sy oë, strek homself uit, en kyk rond vir 'n koppie koffie...

Wednesday, July 29, 2009

Hiatus

Goeiemore al my liefste blog-besoekers!

Ja dis reg, SuperJaco leef toe nog al die tyd. Geen ontvoerings deur ruimtemannetjies hier betrokke nie - SuperJaco handhaaf net 'n goeie balans tussen besig wees en sleg wees en gevolglik dus die laaste paar maande se blog-stilte.

Oor 'n week keer SuperJaco vir die laaste medium-termyn besoek terug na Réunion Eiland toe, en van daar sal ek weer my bloggerasies hervat, en stuk vir stuk begin afsluit aan die laaste 3 jaar se Réunion Chronicle saga.

Sien uit om binnekort weer met julle gesels.
Watch this space!

SuperJaco

Friday, March 27, 2009

29 keer om die son

Goeiemore vriende, familie en vriende wat ek nog nie ken nie!

Dis reg, SuperJaco is vandag (op die minuut, om die waarheid te sê) 29 jaar oud. Die laaste jaar van my 20's het sopas begin. 'n Jaar gelede hierdie tyd het ek in 'n lab in Stellenbosch gesit. 'n Jaar voor dit was ek in 'n kar oppad Transkei toe. 'n Jaar voor dit was ek in PE besig om 'n eerste visum vir Réunion te probeer kry. 'n Jaar voor dit het ek my eie verjaarsdag vergeet weens my beste vriend se dood 3 dae vantevore. Jip, die 20's was intens en goed en taai en vormend. En elke keer as ek dink ek is nou klaar gevorm, vat ek nog 'n punch wat my nuwe insig gee (amper soos daai advertensie van die ou wat sy kar heeltyd stamp totdat dit lyk soos 'n Clio) :-)

As ek vir myself een ding kan hoop vir my volgende lewensjaar (en julle kan almal maar saamwens hier, I need all the help I can get), is dat teen hierdie tyd volgende jaar, wanneer ek terugkyk en my 20's totsiens wuif, ek so kan maak met nuwe letters in plaas van "mnr" voor my naam :-)

So ek lig my glas spreekwoordelik, eerstens op myself (ingeval niemand anders dit doen nie), en tweedens op die nuwe insigte, uitdagings, deurbrake (en miskien selfs net gewone brake), vriende en ervaringe wat my nuwe jaar sal inhou, en waarvan ek die room sal afskep en met julle sal deel :-)

Dankie aan al my lesers vir julle volgehoue ondersteuning en belangstelling. Julle rock!

Groete en liefde,
SuperJaco

Tuesday, March 24, 2009

Phew!

Die regering het gister 'n inisiatief begin waarmee jy kan seker maak of jy nog lewendig of afgestorwe is - in hulle boekies ten minste.

I shit you not...


Klaarblyklik is ek nog lewendig.... wat goed is om te weet. Daai hele "I think therefore I am" ding het dit nie meer vir my gedoen nie...

Friday, March 20, 2009

AU Geldeenheid

Hallo daar!

Net 'n vinnige gedagte, 'n skribbel op die spreekwoordelike SuperJaco servet:

Zimbabwe het onlangs 'n veelvuldige monetêre sisteem in werking gestel waarin die Amerikaanse Dollar, die Suid Afrikaanse Rand, die Botswana Pula en die Zim Dollar almal as wettige tender aanvaar word. Vandag is daar besluit om die Suid Afrikaanse Rand te gebruik as 'n verwysings-geldeenheid vir hierdie veelvuldige stelsel. Een van die redes wat gegee is vir die Rand as basis, is omdat daar planne in die (redelike lang termyn) pyplyn is om 'n gemeenskaplike geldeenheid in die Afrika Unie te skep, soortgelyk aan die Europese Unie se "Euro".

My eerste gedagte was: wie se lekker job gaan dit wees om te moet opkom met voorstelle vir 'n naam vir die geldeenheid? Die eenheid sal waarskynlik gebasseer wees op die Rand, gegee SA se sterk ekonomie. So sal ons voortgaan om dit die Rand te noem? Probably not. Aangesien Botswana die Pula gebruik is dit net 'n kort sprong na die "Moola" toe, wat ek dink nogal oulik sal wees. As ons dit moes vernoem na prominente Afrika leiers sit ons met idees soos "10 Madibas", "20 Idi's", "30 Savimbi's" of (red 'n nasie) "40 Zumas". Maar IMAGINE net hoe cool dit sal wees as 'n haircut jou "50 Afro" sal kos!